Warning: ini_set(): A session is active. You cannot change the session module's ini settings at this time in /home2/babieson/includes/config.php on line 6

Deprecated: Array and string offset access syntax with curly braces is deprecated in /home2/babieson/includes/php7-mysql-shim-master/lib/mysql.php on line 35

Deprecated: Array and string offset access syntax with curly braces is deprecated in /home2/babieson/includes/php7-mysql-shim-master/lib/mysql.php on line 712

Deprecated: Methods with the same name as their class will not be constructors in a future version of PHP; timer has a deprecated constructor in /home2/babieson/classes/timers.php on line 6

Deprecated: define(): Declaration of case-insensitive constants is deprecated in /home2/babieson/classes/timers.php on line 4

Deprecated: Methods with the same name as their class will not be constructors in a future version of PHP; HtmlTemplate has a deprecated constructor in /home2/babieson/classes/htmltemplate.php on line 4

Deprecated: Methods with the same name as their class will not be constructors in a future version of PHP; SiteCookie has a deprecated constructor in /home2/babieson/classes/SiteCookieClass.php on line 77
Books

skip to content

Basket
Cart

0 items currently in your basket.

Start Shopping
Sign In

Register  |  Forgot Password

Join 6,089 other members by registering today.


Books

image 223 Afrikaanse Storie Boeke met Bybel Lessies

Ons soek al baie lank na Afrikaanse kinderboekies wat stories bevat met Bybelse beginsels, sonder Boheemse, gewelddadige karakters.

Boekies wat dieselfde tipe lewenswaardes uitbeeld as die bekende “Sus-en-Daan”, “Huppel” en “Basjan” boekies  waarmee ons grootgeword het.

Boekies wat eie is aan ons land, dit wil sê nie buitelandse boekies wat in Afrikaans vertaal is  met allerhande dierekarakters, seisoene, plantegroei ens. waarmee Suid-Afrikaanse kinders nie bekend mee is nie.

Ons is bevoorreg om julle bekend te stel aan Maritha Swart, joernalis en skrywer.  Sy het die gaping in die mark raakgesien en na twee jaar van skryf is die eerste twee boekies op die mark.

Die eerste twee boekies (wat eintlik die eerste twee in ʼn reeks is), bestaan uit prettige dierestories met ʼn opvoedkundige Bybelse lewensles.

Kortliks behels die inhoud van die boekies die volgende:

Die boekies help u kind aan die hand van prettige plaasdier stories (wat gebaseer is op verskillende  Bybelgedeeltes), om die  Bybel beter te verstaan en moedig hom of haar aan om assosiasies te maak met verskillende gebeure in sy/haar alledaagse lewe.

Opvoedkundiges weet lankal dat ʼn mens iets beter verstaan en onthou wanneer jy dit met iets kan assosieer. Jesus het dieselfde gedoen. Hy het graag gelykenisse (stories) vertel om moeilike Bybelgedeeltes meer verstaanbaar te maak. Markus 11:4 (Die Lewende  Bybel): “Baie van die dinge wat Hy ( Jesus) hulle geleer het, was deur  verhale waarin  daar ʼn les was.”

Aangesien kinders gewoonlik gek is na verhaaltjies oor plaasdiere - waarvan hulle veral in stede, min weet -, is die kind in hierdie boekies voorgestel aan bekende plaasdiere soos katte, honde en ganse, maar ook aan minder bekende velddiertjies soos erdvarke, krimpvarkies, ystervarke,  muishonde, meerkatte, vaalboskatte, brulpaddas, jakkalse, dassies, springhase, veldskilpaaie,  vaalribokke, veldmuise, arende, waterlikkewane, waterskilpaaie,  ens.
 
Wenke insake die aanwending van die boekies:

Die boekies is bedoel vir ouderdomme 4 tot 12 jaar én ouers wat verveeld raak wanneer hulle dieselfde stories oor en oor moet voorlees.

Die ouer  kleintjies kan self die stories lees.

Die heel klein outjies se ouers word egter versoek om die stories vir hulle voor te lees. Moedig die heel kleintjies aan om die illustrasies ( daar is talle!) in te kleur  ten einde die lewensles te versterk. U sal merk dat die illustrasies volledig geskets is, dit wil sê, dit is nie bloot buitelyn-sketse nie. Dit is met opset so gedoen:  om te voldoen aan die behoeftes van die groter kind wat nie in inkleur belangstel nie, maar ook aan dié van die heel kleintjies wat graag die prentjies wil inkleur.

In hierdie verband, die volgende prettige staaltjie:  ʼn Verstandelik gestremde seuntjie wat destyds saam met my kunsklasse geloop het, moes ʼn  konyn teken. Hy het toe die kop van die konyn op die voorkant van die bladsy geteken en  die lyf op die agterkant. Toe die kunsdosent hom daaroor berispe het, het hy kordaat laat hoor:” Juffrou, wie se konyn is dit hierdie? Myne of joune? Ek teken hom soos ek wil!” Kortom,  dit is u kind se boek, laat hom of haar inkleur soos hy of sy wil! Die hoofdoel is immers om die lewensles te versterk; nie om inkleurtegniek te vervolmaak nie.

Om ouers wat verveeld raak met al die voorlesery vir die heel kleintjies, tegemoet te kom,  is heelwat humor in die boekies ingebou. Die humor vorm deel van die stories en sal ook deur u kind geniet word.

image 223 BOEKIE 1: PLAAS- EN VELDDIERTJIE SPROKIES

Boekbesonderhede
Skrywer: Maritha Swart
Illustreerder: Anita Joubert
Uitgewer: CLS PUBLISHERS: KAAPSTAD
Ouderdomsgroep: 4 tot 12/13 jaar

10 verskillende sprokies en 60 illustrasies

Prys: R120-00 + R20-00 posgeld = R140-00
Kliek hier vir meer inligting of om 'n boekie te bestel

Laai die eerste een (van 10 stories) in die boekie, gratis af.:

pdf Icon

Laai die eerste een (van 10 stories) in die boekie, gratis af.

892 kB  |  Download

 

Ons gee 1 Plaas-en Velddiertjie Sprokies boekie weg - kliek hier om in te skryf


image 224BOEKIE 2: SAREL SPRINGHAAS SE SWERFTOGTE

 
Boekbesonderhede:
Outeur: Maritha Swart
Illustreerder: Anita Joubert
Uitgewer: CLS PUBLISHERS: KAAPSTAD
Ouderdomsgroep: 4 tot 12/13 jaar

1 vollengte storie (5 hoofstukkies en 20 illustrasies)

Prys: R60-00 + R20-00 posgeld = R80-00
Kliek hier vir meer inligting of om 'n boekie te bestel

 

Ons gee 1 Sarel Springhaas boekie weg - kliek hier om in te skryf

 
  ***********************************************************************************************


Award winning flattenme personalized storybooks, now for the first time in South Africa. 

It is named the hot gift to give by the Today Show and it is the gift of choice for celeb Moms like Madonna.  It is taking personalized storybooks to the next level, with your child appearing in this hard cover, high gloss book.  (By the way, Babies Online is the sole distributer of these books in SA).

Click here to browse these books page by page and find out how you can order

image 172

 

  Why do we tell our Children to read?

 

 

 

 

 

 

 

 

Please see the following: