Liefde Laat jou Rice Krispies Anders Proe
Average Delivery Time: 14 - 21 Days
-
Die tieners wat as keurders opgetree het, was mal oor hierdie “anderste”, humoristiese liefdesverhaal en het keer op keer opgemerk hoeveel insig die skrywer in tieners se (liefdes)lewe toon. Vir tieners van 12-15 jaar.
Meer inligting:
- "Shakespeare was miskien hierdie hengse romantiese skrywer, maar hy was ’n seksis, nes die meeste mans.
- Hy't seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl ’n vrou vir hom kos gemaak, sy klere gewas en sy vuil sokkies agter hom opgetel het."
- Agter in die klas proes iemand gedemp. My wange word warm en ek weet ek lyk sweerlik weer soos ’n sonryp tamatie, soos hulle altyd in die tamatiesousadvertensie sê. Maar ek gee nie eens om nie. Ek is nou eenmaal op die oorlogspad.
- "Interesting point, Marzanne," sê die onderwyseres versigtig, "but I’d like to know why you think so."
- Ek sluk.
- "Wel… kyk maar net vir Romeo and Juliet.
- Dis veronderstel om die mees romantiese storie op aarde te wees, maar die arme, patetiese Juliet sit die heeltyd op die balkon en wag vir Romeo om vir haar te kom liefdesgedigte voordra.”
- Ek is verstom deur my eie briljante literêre insigte.
- Dit voel asof die woorde sommer vanself by my mond uitborrel.
Author: Tania Brink
Product Rating
Similar products can be found under the books category.
Back to Shop
Please note that products in our online shop and physical shops may differ by geographical location. If you have seen a product in our online shop and it is not available at your nearest physical shop, please ask the owner to order it for you.