Droomoog Diepgrawer
Average Delivery Time: 14 - 21 Days

- Lank-lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor – Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie.
- Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande on-erdse dinge aanvang.
- Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond!
Meer inligting:
- Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi.
- Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit!
- Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het?
-
En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die verskriklike Vreet se kloue?
Die atmosferiese illustrasies is die werk van die beeldhouer en installasie-kunstenaar, Berco Wilsenach. Vir 9- tot 12-jariges.
Author: Leon De Villiers
Product Rating
Similar products can be found under the books category.
Back to Shop
Please note that products in our online shop and physical shops may differ by geographical location. If you have seen a product in our online shop and it is not available at your nearest physical shop, please ask the owner to order it for you.