Diep, Diep in 'n Donker Bos
Average Delivery Time: 14 - 21 Days
- Diep, diep in ’n donker bos, is die langverwagte opvolg op die topverkoper prenteboek, Babalela, wat reeds duisende jong lesers bekoor het.
- “Wie woon nog in die diep en donker bos?”
- Diep, diep in ’n donker bos, is die langverwagte opvolg op die topverkoper prenteboek, Babalela, wat reeds duisende jong lesers bekoor het.
- “Wie woon nog in die diep en donker bos?” wou almal weet, en sommer daar en dan is besluit om die Babalela se aanhangers bekend te stel aan die ander bosbewoners.
- Daar is Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir ’n oomblik ophou kwetter nie en natuurlik die Babalela, die enigste een wat al ooit ’n avontuur buite die bos beleef het.
- Maar nie vir lank nie…
- Die ander bosbewoners is vasbeslote om ook die wye wêreld buite die bos te gaan verken.
- Hulle hou egter nie rekening met al die gevare wat in die stad op hulle wag nie, en kort voor lank is al die bosdiere toegespyker in bokse.
- Sal die Babalela hulle uit hierdie verknorsing kan red?
Author: Martie Preller
Product Rating
Similar products can be found under the books category.
Back to Shop
Please note that products in our online shop and physical shops may differ by geographical location. If you have seen a product in our online shop and it is not available at your nearest physical shop, please ask the owner to order it for you.