Sonja Serfontein en die Groot Kaas
Average Delivery Time: 14 - 21 Days
- Sonja Serfontein is dertien.
- Maar sy is nie ’n gewone dertienjarige nie.
- Sonja het spesiale kragte.
- Sy kan ’n honderd keer haar eie gewig optel, haar ore is so skerp dat sy ’n naald kan hoor val ... o ja, en sy kan vlieg.
- Maar ongelukkig is Sonja (alias X) nie die enigste superheld in die stad nie ...
- Die irriterende superheld Wolf steel aanmekaar haar kollig.
- Die Groot Kaas, ’n boosaardige booswig, smee nare planne om die staatspresident, te ontvoer.
Meer inligting:
- Kan Sonja en Wolf lank genoeg ophou stry om die wêreld (en die staatspresident) te red?
DIE OUTEUR
- Saskia is 14 jaar oud en ‘n leerling by Hoërskool Garsfontein.
- Haar gunsteling vakke op skool is IT, Engels en Wiskunde.
- Sy hou baie van skryf en lees is een van die dinge waarsonder sy nie kan nie.
- Sy het haar getroue rekenaar Steve gedoop en dink dat sy soms te veel tyd op haar hande het.
- Sonja Serfontein en die Groot Kaas is Saskia se eerste boek.
DIE ILLUSTREERDER
- Alistair het grootgeword in die Kaap.
- Tans is hy ‘n vryskut-illustreerder en woon nog in die Kaap.
- Hy hou van musiek maak, lees graag en is mal oor tekenprente.
- Sy werk sluit in die gewilde Agent Snoet-reeks, Kies jou eie avontuur-reeks en Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo.
Author: Saskia Kuschke
Product Rating
Similar products can be found under the books category.
Back to Shop
Please note that products in our online shop and physical shops may differ by geographical location. If you have seen a product in our online shop and it is not available at your nearest physical shop, please ask the owner to order it for you.