Al die meisies hou van Divan Louw
Average Delivery Time: 7-14 Days
- Om Divan Louw aantreklik te noem, is soos om te sê Mount Everest is hoog of Antarktika is koud - dis waar, maar dit vertel nie naastenby die hele storie nie.
- Dit sê byvoorbeeld niks van sy vierkantige ken wat hom soos 'n model in 'n parfuumadvertensie laat lyk nie.
- Dit sê ook niks oor die kleur van sy oë nie - geheimgroen, seepsteengroen, stoutgroen.
- En dit sê geheel en al niks van sy blonde hare wat parmantig orent staan en sy bruingebrande maagspiere nie ...
- Ek ken sy tipe: Sulke ouens dink gewoonlik hulle is die beste ding sedert die iPhone uitgevind is - en meeste van die tyd het hulle die IK en persoonlikheid van 'n brood.
- Beslis nie my koppie rooibos nie.
- Maar dalk kan ek hom gebruik om 'n paar probleme op te los ...
- Vorige boeke uit die skrywer se pen sluit in die topverkoper Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (ATKV Kinderboektoekenning 2002), Ouens is nie pizzas nie (ATKV Kinderboektoekenning 2007) en My hart is vol graffiti. Ouens is nie pizzas nie is in 2008 as verhoogstuk by verskeie kunstefeeste opgevoer.
Author: Tania Brink
Product Rating
Similar products can be found under the books category.
Back to Shop
Please note that products in our online shop and physical shops may differ by geographical location. If you have seen a product in our online shop and it is not available at your nearest physical shop, please ask the owner to order it for you.