Blou Sjokolade
Average Delivery Time: 14 - 21 Days
- Dolgelukkig.
- Dit is hoe Elle deesdae voel. En sy is nie verniet in die sewende hemel nie:
- 1. Sy is amptelik verlief.
- 2. Sy het vrede gemaak met haar nuwe skool.
- 3. Sy het ’n kamermaat saam met wie daar nie een vervelige oomblik is nie.
- 4. Sy speel in ’n briljante orkes.
- 5. En beste van alles, sy gaan binnekort oorsee!
- Sy kan nie wag om Frankryk te verken nie.
- Parys se modehuise; Angers se beroemde blou sjokolade ...
Meer informasie:
- Maar dan loop dinge onverwags skeef.
- En in plaas daarvan om die strate van Parys plat te loop, moet Elle haar lelike stapstewels uitgrawe vir ’n staptog van ’n heel ander aard ... een wat definitief nie vir sissies bedoel is nie.
- Blou sjokolade is die derde boek in hierdie humoristiese en romantiese tienerreeks oor Elle Kroon se avonture.
- Die vorige twee boeke is Kondensmelk en Koshuiskoffie.
- Die boeke volg op mekaar, maar kan ook as enkeltitels gelees word.
- In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is.
- Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op ’n navorsingsending na Antarktika.
- Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het.
- Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie – en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...
Author: Christien Neser
Product Rating
Similar products can be found under the books category.
Back to Shop
Please note that products in our online shop and physical shops may differ by geographical location. If you have seen a product in our online shop and it is not available at your nearest physical shop, please ask the owner to order it for you.