Verbrande Paradys

- “Hy kyk na die dynserige berge agter die koppe, die kraag van die krater wat gemaak is toe die meteoriet die grond hier getref het.
- Dit was ’n klip of ’n stuk ys van omtrent tien kilometer in deursnee wat teen minstens veertigduisend kilometer per uur die aarde getref het: die grootste brand ooit op aarde.
-
Tweemiljard jaar later staan Sybrand Venter na die afgebrande veld en kyk.”
Meer inligting:
- Verbrande paradys is ’n verhaal van menslike verlange, vreugde en verdriet wat afspeel in die Vredefortkoepel.
- Sybrand Venter word in sy laaste skooljaar gedwing om baie vinnig volwasse te word, want sy pa se dood het soos ’n meteoriet in die lewens van die Venters en die Spogters ingeplof.
- In die middelpunt van die verwikkelinge op Eden staan Reinet Venter met haar geheime verlede.
- Dit bepaal die verloop van die ontluikende liefde tussen Sybrand en Emma Nel van die buurplaas.
- Ook Andries Spogter, die atleet, en Henro Venter, wat so graag wil boer, se lewens bly nie onaangeraak deur dié enigmatiese vrou nie.
Author: Hans du Plessis
Product Rating
Similar products can be found under the books category.
Back to Shop
Please note that products in our online shop and physical shops may differ by geographical location. If you have seen a product in our online shop and it is not available at your nearest physical shop, please ask the owner to order it for you.




