Books
Afrikaanse Storie Boeke met Bybel Lessies
Ons soek al baie lank na Afrikaanse kinderboekies wat stories bevat met Bybelse beginsels, sonder Boheemse, gewelddadige karakters.
Boekies wat dieselfde tipe lewenswaardes uitbeeld as die bekende “Sus-en-Daan”, “Huppel” en “Basjan” boekies waarmee ons grootgeword het.
Boekies wat eie is aan ons land, dit wil sê nie buitelandse boekies wat in Afrikaans vertaal is met allerhande dierekarakters, seisoene, plantegroei ens. waarmee Suid-Afrikaanse kinders nie bekend mee is nie.
Ons is bevoorreg om julle bekend te stel aan Maritha Swart, joernalis en skrywer. Sy het die gaping in die mark raakgesien en na twee jaar van skryf is die eerste twee boekies op die mark.
Die eerste twee boekies (wat eintlik die eerste twee in ʼn reeks is), bestaan uit prettige dierestories met ʼn opvoedkundige Bybelse lewensles.
Kortliks behels die inhoud van die boekies die volgende:
Die boekies help u kind aan die hand van prettige plaasdier stories (wat gebaseer is op verskillende Bybelgedeeltes), om die Bybel beter te verstaan en moedig hom of haar aan om assosiasies te maak met verskillende gebeure in sy/haar alledaagse lewe.
Opvoedkundiges weet lankal dat ʼn mens iets beter verstaan en onthou wanneer jy dit met iets kan assosieer. Jesus het dieselfde gedoen. Hy het graag gelykenisse (stories) vertel om moeilike Bybelgedeeltes meer verstaanbaar te maak. Markus 11:4 (Die Lewende Bybel): “Baie van die dinge wat Hy ( Jesus) hulle geleer het, was deur verhale waarin daar ʼn les was.”
Aangesien kinders gewoonlik gek is na verhaaltjies oor plaasdiere - waarvan hulle veral in stede, min weet -, is die kind in hierdie boekies voorgestel aan bekende plaasdiere soos katte, honde en ganse, maar ook aan minder bekende velddiertjies soos erdvarke, krimpvarkies, ystervarke, muishonde, meerkatte, vaalboskatte, brulpaddas, jakkalse, dassies, springhase, veldskilpaaie, vaalribokke, veldmuise, arende, waterlikkewane, waterskilpaaie, ens.
Wenke insake die aanwending van die boekies:
Die boekies is bedoel vir ouderdomme 4 tot 12 jaar én ouers wat verveeld raak wanneer hulle dieselfde stories oor en oor moet voorlees.
Die ouer kleintjies kan self die stories lees.
Die heel klein outjies se ouers word egter versoek om die stories vir hulle voor te lees. Moedig die heel kleintjies aan om die illustrasies ( daar is talle!) in te kleur ten einde die lewensles te versterk. U sal merk dat die illustrasies volledig geskets is, dit wil sê, dit is nie bloot buitelyn-sketse nie. Dit is met opset so gedoen: om te voldoen aan die behoeftes van die groter kind wat nie in inkleur belangstel nie, maar ook aan dié van die heel kleintjies wat graag die prentjies wil inkleur.
In hierdie verband, die volgende prettige staaltjie: ʼn Verstandelik gestremde seuntjie wat destyds saam met my kunsklasse geloop het, moes ʼn konyn teken. Hy het toe die kop van die konyn op die voorkant van die bladsy geteken en die lyf op die agterkant. Toe die kunsdosent hom daaroor berispe het, het hy kordaat laat hoor:” Juffrou, wie se konyn is dit hierdie? Myne of joune? Ek teken hom soos ek wil!” Kortom, dit is u kind se boek, laat hom of haar inkleur soos hy of sy wil! Die hoofdoel is immers om die lewensles te versterk; nie om inkleurtegniek te vervolmaak nie.
Om ouers wat verveeld raak met al die voorlesery vir die heel kleintjies, tegemoet te kom, is heelwat humor in die boekies ingebou. Die humor vorm deel van die stories en sal ook deur u kind geniet word.
BOEKIE 1: PLAAS- EN VELDDIERTJIE SPROKIES
Boekbesonderhede
Skrywer: Maritha Swart
Illustreerder: Anita Joubert
Uitgewer: CLS PUBLISHERS: KAAPSTAD
Ouderdomsgroep: 4 tot 12/13 jaar
10 verskillende sprokies en 60 illustrasies
Prys: R120-00 + R20-00 posgeld = R140-00
Kliek hier vir meer inligting of om 'n boekie te bestel
Laai die eerste een (van 10 stories) in die boekie, gratis af.:
Laai die eerste een (van 10 stories) in die boekie, gratis af.
892 kB | Download
Ons gee 1 Plaas-en Velddiertjie Sprokies boekie weg - kliek hier om in te skryf
BOEKIE 2: SAREL SPRINGHAAS SE SWERFTOGTE
Boekbesonderhede:
Outeur: Maritha Swart
Illustreerder: Anita Joubert
Uitgewer: CLS PUBLISHERS: KAAPSTAD
Ouderdomsgroep: 4 tot 12/13 jaar
1 vollengte storie (5 hoofstukkies en 20 illustrasies)
Prys: R60-00 + R20-00 posgeld = R80-00
Kliek hier vir meer inligting of om 'n boekie te bestel
Ons gee 1 Sarel Springhaas boekie weg - kliek hier om in te skryf
***********************************************************************************************
Award winning flattenme personalized storybooks, now for the first time in South Africa.
It is named the hot gift to give by the Today Show and it is the gift of choice for celeb Moms like Madonna. It is taking personalized storybooks to the next level, with your child appearing in this hard cover, high gloss book. (By the way, Babies Online is the sole distributer of these books in SA).
Click here to browse these books page by page and find out how you can order
Why do we tell our Children to read?
Please see the following: